TSK

TSK · Matthew 28:7

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

Wees nie verskrik nie, en moenie bewe nie! Het Ek jou dit nie lank tevore laat hoor en te kenne gegee nie? En júlle is my getuies! Is daar 'n God buiten My? Ja, daar is geen rotssteen nie; Ek ken geeneen nie.

En Jesus sê vir hulle: Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel my broeders dat hulle na Galiléa moet gaan; en daar sal hulle My sien.

Maar nadat Ek opgestaan het, sal Ek voor julle uit na Galiléa gaan.

Sy het gegaan en dit vertel aan die wat saam met Hom gewees het, terwyl hulle treur en ween.

Luke 24:9 TSK

Hulle gaan toe terug van die graf en vertel dit alles aan die elf en aan al die ander.

wat sê: Die Here het waarlik opgestaan en het aan Simon verskyn.

John 16:4 TSK

Maar hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat wanneer die uur kom, julle kan onthou dat Ek julle dit gesê het. Maar Ek het julle dit nie van die begin af gesê nie, omdat Ek saam met julle was.

John 21:1 TSK

Na hierdie dinge het Jesus weer aan sy dissipels verskyn by die see van Tibérias, en Hy het só verskyn:

Daarna het Hy verskyn aan oor die vyf honderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het.