TSK

TSK · Proverbs 13:25

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

As hulle uitgeput is van honger en verteer deur koorsgloed en dodelike siekte, sal Ek die tand van wilde diere teen hulle loslaat met die gif van stofkruipers.

Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,

Jod. Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.

Die HERE laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg.

Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, my knegte sal eet, maar julle sal honger bly; kyk, my knegte sal drink, maar julle sal dors wees; kyk, my knegte sal bly wees, maar julle sal beskaamd staan.

Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het.