Daarop het Farao aan sy dienaars gesê: Kan ons wel iemand vind soos hierdie man in wie die Gees van God is?
TSK
TSK · Proverbs 16:20
مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.
Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!
'n Bedevaartslied. Die wat op die HERE vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly tot in ewigheid.
Want hy wat my vind, het die lewe gevind en verkry 'n welbehae van die HERE.
'n Goeie verstand verskaf guns, maar die weg van die ontroues is hard.
Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.
Deur wysheid word 'n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig;
En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is 'n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag!
En die koning het met hulle gespreek, en onder hulle almal is daar niemand gevind soos Daniël, Hanánja, Mísael en Asárja nie. So het hulle dan voor die koning gedien.
My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie, omdat ek voor Hom onskuldig bevind is en ek ook teen u, o koning, geen onreg gedoen het nie.
sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het,