TSK

TSK · Proverbs 21:31

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

het hy hom opgestel in die middel van die stuk land en dit afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat die HERE 'n groot oorwinning bewerk het.

Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek.

Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van die HERE onse God.

Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela.

Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie.

Wee hulle wat na Egipte aftrek om hulp en hulle verlaat op perde, en wat vertrou op strydwaens, omdat daar baie is, en op ruiters, omdat hulle baie talryk is, maar hulle sien nie op die Heilige van Israel en hulle soek nie die HERE nie.