TSK

TSK · Psalms 77:13

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

o HERE, wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, verheerlik in heiligheid, gedug in roemryke dade, een wat wonders doen?

Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel.

o God, hulle sien u optogte, die optogte van my God, my Koning in die heiligdom.

totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het.

En die hemele loof u wondermag, o HERE, ook u trou in die vergadering van die heiliges.

Laat my die weg van u bevele verstaan, dat ek u wonders kan oordink.

By wie sal julle My dan vergelyk, dat Ek net so kan wees? sê die Heilige.