Verder sê Dawid: Die HERE wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag die HERE met jou wees!
TSK
TSK · Psalms 91:13
مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.
Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af.
Toe het Daniël met die koning gespreek: Mag die koning vir ewig lewe!
Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.
Hulle keel is 'n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe.
Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en al die heidene dit kan hoor; en ek is uit die bek van die leeu verlos.
En ek het 'n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en 'n groot ketting in sy hand.