TSK

TSK · Proverbs 12:24

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Back to passage

Toe hy sien dat die rus goed en die land lieflik is, het hy sy skouer gebuig om te dra, en hy moes dwangarbeid verrig.

En die man Jeróbeam was 'n dapper held. Toe Salomo sien dat die jongman 'n bekwame arbeider was, het hy hom aangestel oor al die dwangarbeiders van die huis van Josef.

Hy word arm wat met 'n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.

Die siel van die luiaard begeer, en daar is niks nie, maar die siel van die vlytiges word versadig.

Luiheid laat in 'n diep slaap val, en een wat traag is, moet honger ly.

Die luiaard sê: Daar is 'n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word!

Ek het by die land van 'n lui man verbygeloop en langs die wingerd van 'n verstandelose mens,

'n Deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed.