TSK

TSK · Proverbs 17:13

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Back to passage

En die Filistyne het Saul en sy seuns agternagesit, en die Filistyne het Jónatan en Abinádab en Malkisúa, die seuns van Saul, gedood.

En toe daar in die dae van Dawid 'n hongersnood was, drie jaar lank, jaar ná jaar, het Dawid die aangesig van die HERE gesoek; en die HERE het gesê: Vanweë Saul en vanweë sy huis waarop bloedskuld rus, omdat hy die Gibeoniete omgebring het.

Maar my vyande lewe, hulle is magtig; en die wat my valslik haat, is groot in aantal.

Vir my liefde behandel hulle my vyandig, terwyl ek tog gedurig bid.

Sal goed dan met kwaad vergeld word? --want hulle het vir my 'n kuil gegrawe. Gedenk hoe ek voor u aangesig gestaan het om 'n goeie woord vir hulle te doen, om u grimmigheid van hulle af te keer.

En die hele volk antwoord en sê: Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!

Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.