TSK

TSK · 1 Chronicles 11:2

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Daarna sê die HERE aan Samuel: Hoe lank sal jy treur oor Saul, terwyl Ek hom verwerp het om koning te wees oor Israel? Vul jou horing met olie en gaan heen: Ek stuur jou na Isai, die Betlehemiet, want Ek het onder sy seuns vir My 'n koning uitgesoek.

Daarom het Saul hom uit sy teenwoordigheid verwyder en hom aangestel as sy owerste oor duisend, sodat hy voor die manskappe uit-- en ingegaan het.

Oral waar Ek onder al die kinders van Israel rondgetrek het, het Ek ooit 'n woord gespreek met een van die stamme van Israel, wat Ek aangestel het om my volk Israel op te pas, en gesê: Waarom bou julle nie vir My 'n huis van sederhout nie?

Gaan sê vir Jeróbeam: So spreek die HERE, die God van Israel: Omdat Ek jou onder die volk uit verhef het en jou as 'n vors oor my volk Israel aangestel het

Hy sal sy kudde laat wei soos 'n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei.

En Ek sal aan julle gee herders na my hart, wat julle sal oppas met kennis en verstand.

Micah 5:4 TSK

En Hy sal vrede wees. Wanneer Assur in ons land kom en hy ons paleise wil betree, sal ons teenoor hom sewe herders stel, ja, agt vorste uit die mense.

John 10:4 TSK

En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.