Toe het ons hulle beskiet; verlore was Hesbon tot by Dibon; en ons het verwoes tot by Nofag, met vuur tot by Medéba.
TSK
TSK · 1 Chronicles 19:7
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
sodat hulle die grondgebied ontvang het: van Aroër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, die stad in die middel van die dal, en die hele gelykveld tot by Médeba;
En die Filistyne het bymekaargekom om teen Israel te veg: drie duisend strydwaens en ses duisend perderuiters en voetgangers soos die sand wat op die seestrand is in menigte; en hulle het opgetrek en laer opgeslaan by Migmas, oos van Bet-Awen.
En Dawid het van hom duisend strydwaens en sewe duisend perderuiters en twintig duisend man voetgangers afgeneem; en Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, maar honderd trekperde daarvan laat oorbly.
Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand.