TSK

TSK · 1 Chronicles 2:1

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En Lea het bevrug geword en 'n seun gebaar en hom Ruben genoem; want sy het gesê: Gewis, die HERE het my ellende aangesien, want nou sal my man my liefhê.

Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin.

En terwyl Israel in dié land woon, het Ruben gegaan en met Bilha, sy vader se byvrou, gemeenskap gehad. En Israel het dit gehoor. En die seuns van Jakob was twaalf.

Versamel en hoor, seuns van Jakob, en luister na Israel, julle vader!

En dit is hulle name: Van die stam van Ruben: Sámmua, die seun van Sakkur.

uit die stam van Juda twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Ruben twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Gad twaalf duisend verseëldes;