TSK

TSK · 1 Chronicles 2:42

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Dan moet jy vir Farao sê: So spreek die HERE: My eersgebore seun is Israel.

en Kehíla en Agsib en Marésa: nege stede met hulle dorpe;

Daarna het daar Sifiete opgegaan na Saul, na Gíbea, en gesê: Steek Dawid hom nie weg by ons in die bergvestings, in Hores, op die heuwel Hagíla wat suid van die wildernis lê nie?

En die seuns van Hesron wat vir hom gebore is, was Jerágmeël en Ram en Kelúbai.

En Gésur en Aram het die Jaïrsdorpe van hulle afgeneem, en Kenat met sy onderhorige plekke, sestig stede; hulle almal was seuns van Magir, die vader van Gílead.

en sy het Saäf gebaar, die vader van Madmánna, Sewa, die vader van Magbéna en die vader van Gíbea; en die dogter van Kaleb was Agsa.

En in Gíbeon het die vader van Gíbeon gewoon, en die naam van sy vrou was Máäga.

by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges,