TSK

TSK · 1 Chronicles 3:13

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

In die sewentiende jaar van Peka, die seun van Remália, het Agas, die seun van Jotam, die koning van Juda, koning geword.

En in die derde jaar van Hoséa, die seun van Ela, die koning van Israel, het Hiskía, die seun van Agas, die koning van Juda, koning geword.

en die wat hier met hulle naam beskrywe is, het in die dae van Hiskía, die koning van Juda, gekom en hulle tente verslaan, en ook die Meüniete wat daar gevind is; en hulle het hul met die banvloek getref tot vandag toe; en hulle het in hulle plek gaan woon; want daar was weiveld vir hulle kleinvee.

Jehiskía het, vyf en twintig jaar oud, koning geword en nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Abía, die dogter van Sagaría.

en Ussía die vader van Jotam, en Jotam die vader van Agas, en Agas die vader van Hiskía,