TSK

TSK · 1 Chronicles 5:2

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Juda, jy is dit! Jou sal jou broers loof. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig.

En die wat aan die oostekant, teen sonop, laer opslaan, moet wees: die vaandel van die laer van Juda volgens hulle leërafdelings; en Nagson, die seun van Ammínadab, moet owerste oor die seuns van Juda wees.

Maar hy moet die eersgeborene, die seun van die nie-geliefde vrou, erken deur aan hom 'n dubbele deel te gee van alles wat hy besit; want hy is die eersteling van sy krag: die eersgeboortereg is syne.

Toe het die kinders van Juda nader gekom na Josua in Gilgal, en Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, het vir hom gesê: U weet die woord wat die HERE met Moses, die man van God in Kades-Barnéa gespreek het met betrekking tot my en met betrekking tot u.

Daarna sê die HERE aan Samuel: Hoe lank sal jy treur oor Saul, terwyl Ek hom verwerp het om koning te wees oor Israel? Vul jou horing met olie en gaan heen: Ek stuur jou na Isai, die Betlehemiet, want Ek het onder sy seuns vir My 'n koning uitgesoek.

Daarop het hy gestuur en hom laat kom; en hy was rooierig, met mooi oë en 'n mooi voorkoms. En die HERE sê: Staan op, salf hom, want dit is hy.

Maar die HERE, die God van Israel, het my verkies uit my hele familie om vir altyd koning oor Israel te wees; want Hy het Juda as vors verkies, en in die huis van Juda my familie; en onder die seuns van my vader het Hy in my behae gehad om my koning te maak oor die hele Israel.

maar die stam van Juda uitverkies, die berg Sion wat Hy liefhet.

Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid 'n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land.

En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal 'n leidsman voortkom wat vir my volk Israel 'n herder sal wees.

Want dit is volkome duidelik dat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie.