TSK

TSK · 1 Chronicles 8:28

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Maar die kinders van Juda kon die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdryf nie; daarom het die Jebusiete saam met die kinders van Juda in Jerusalem bly woon tot vandag toe.

En die kinders van Benjamin het die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdrywe nie, sodat die Jebusiete saam met die kinders van Benjamin in Jerusalem woon tot vandag toe.

En in Jerusalem het gewoon van die seuns van Juda en van die seuns van Benjamin en van die seuns van Efraim en Manasse:

Dit was die hoofde van families van die Leviete, hoofde volgens hulle afstamming; hulle het in Jerusalem gewoon.

En dit is die kinders van Benjamin: Sallu, die seun van Mesúllam, die seun van Joëd, die seun van Pedája, die seun van Kolája, die seun van Maäséja, die seun van Itiël, die seun van Jesaja;