TSK

TSK · 1 Kings 7:21

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk
Ruth 2:19 TSK

Daarop vra haar skoonmoeder haar: Waar het jy vandag opgetel, en waar het jy gewerk? Mag hy geseënd wees wat in jou belang gestel het! En sy vertel haar skoonmoeder by wie sy gewerk het, en sê: Die naam van die man by wie ek vandag gewerk het, is Boas.

As jou dae vol is en jy met jou vaders ontslaap het, sal Ek jou nakomeling wat uit jou liggaam sal voortkom, laat optree en sy koningskap bevestig.

En die groot voorhof was rondom van drie lae gekapte klip en 'n laag sederbalke, net soos by die binneste voorhof van die huis van die HERE en by die saal van die paleis.

en die vier honderd granaatjies vir die twee stukke vlegwerk, twee rye granaatjies vir elke vlegwerk om die twee bolle van die kapitele bo-op die pilare te oordek.

Hulle sal van My sê: Alleen in die HERE is volle geregtigheid en sterkte; na Hom sal hulle kom; maar hulle almal sal beskaamd staan wat op Hom toornig is.

Die lengte van die voorportaal was twintig el, en die breedte elf el, en dit by die trappe waarmee 'n mens daarheen opgaan; ook was daar pilare by die deurposte, een aan die een en een aan die ander kant.

en toe hulle merk die genade wat aan my gegee is, het Jakobus en Céfas en Johannes, wat as pilare geag is, aan my en Barnabas die regterhand van gemeenskap gegee, sodat ons na die heidene en hulle na die besnedenes kon gaan;