Maar die seuns van Eli was deugniete; hulle het die HERE nie erken nie.
TSK
TSK · 1 Samuel 3:13
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Maar Eli was baie oud, en as hy hoor alles wat sy seuns aan die hele Israel doen, en dat hulle gemeenskap hou met die vroue wat dien by die ingang van die tent van samekoms,
Verder sê die koning vir Símeï: Jy ken self al die boosheid waar jou hart van weet, wat jy my vader Dawid aangedoen het; daarom laat die HERE jou boosheid op jou eie hoof neerkom.
Tugtig jou seun, want daar is hoop; maar laat dit nie in jou opkom om hom dood te maak nie.
Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar 'n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande.
Nou is die einde oor jou, en Ek sal my toorn teen jou uitstuur en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat neerkom;
Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Jósafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom.
want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles.