TSK

TSK · 2 Chronicles 14:1

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

'n Geruime tyd daarna, nadat die HERE aan Israel rus gegee het van al sy vyande rondom, en Josua oud en ver op sy dae was,

En Rehábeam het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese; en sy seun Abía het in sy plek koning geword.

In die twintigste jaar dan van Jeróbeam, die koning van Israel, het Asa koning van Juda geword.

En die seun van Salomo was Rehábeam; sy seun was Abía; sy seun was Asa; sy seun was Jósafat;

Toe kom daar 'n brief van die profeet Elía by hom aan om te sê: So spreek die HERE, die God van u vader Dawid: Omdat u in die weë van u vader Jósafat en in die weë van Asa, die koning van Juda, nie gewandel het nie,

en Salomo die vader van Rehábeam, en Rehábeam die vader van Abía, en Abía die vader van Asa,