En ná verloop van vier honderd en dertig jaar, op daardie selfde dag, het al die leërskare van die HERE uit Egipteland uitgetrek.
TSK
TSK · 2 Chronicles 14:12
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En Hy het die wiele van hulle strydwaens laat insak en hulle met moeite laat voortgaan. Toe sê die Egiptenaars: Laat ons van Israel af wegvlug, want die HERE stry vir hulle teen die Egiptenaars.
Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie.
En hulle het hulle vee weggevoer: van hul kamele vyftig duisend; twee honderd en vyftig duisend stuks kleinvee en twee duisend esels en honderd duisend mense.
en dieselfde dag aan die HERE geoffer van die buit wat hulle ingebring het, sewe honderd beeste en sewe duisend stuks kleinvee.
Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.
Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie.