En Abía het die oorlog begin met 'n leër van dapper krygsmanne, vier honderd duisend jong manskappe; en Jeróbeam het hom in slagorde teen hom opgestel met agt honderd duisend jong manskappe, dapper helde.
TSK
TSK · 2 Chronicles 26:13
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En Asa het 'n leër gehad wat skild en spies dra: uit Juda drie honderd duisend man, en uit Benjamin, wat die skild dra en die boog span, twee honderd en tagtig duisend; hulle was almal dapper helde.
En Amásia het Juda bymekaar laat kom en hulle opgestel volgens die families, volgens die owerstes oor duisend en volgens die owerstes oor honderd, die hele Juda en Benjamin, en hy het hulle gemonster van twintig jaar oud en daarbo, en bevind dat hulle drie honderd duisend uitgesoektes was wat op kommando moes uittrek, wat spies en skild hanteer.