TSK

TSK · 2 Chronicles 34:1

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Maar die seun Samuel het toegeneem in grootte en in guns by die HERE sowel as by die mense.

en hy het uitgeroep teen die altaar deur die woord van die HERE en gesê: Altaar, altaar, so spreek die HERE: Kyk, 'n seun sal gebore word vir die huis van Dawid met die naam van Josía, en hy sal op jou slag die priesters van die hoogtes wat op jou offerrook laat opgaan, en op jou sal mensbene verbrand word.

Toe het die koning gestuur, en hulle het al die oudstes van Juda en Jerusalem by hom versamel.

Joas was sewe jaar oud toe hy koning geword het, en hy het veertig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Sibja, uit Berséba.

Manasse was twaalf jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf en vyftig jaar in Jerusalem geregeer.

Beter is 'n behoeftige maar wyse jongman as 'n ou maar dwase koning wat nie meer weet om hom te laat waarsku nie.

Die woord van die HERE wat gekom het tot Sefánja, die seun van Kusi, die seun van Gedálja, die seun van Amárja, die seun van Hiskía, in die dae van Josía, die seun van Amon, koning van Juda.

En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin.