TSK

TSK · 2 Chronicles 9:29

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Daarom het die HERE Natan na Dawid gestuur. Toe hy by hom inkom, sê hy vir hom: Daar was twee manne in 'n sekere stad, die een was ryk en die ander arm.

Maar Sadok, die priester, en Benája, die seun van Jójada, en Natan, die profeet, en Símeï en Reï en die helde van Dawid het nie met Adónia saamgegaan nie.

En kyk, terwyl sy nog met die koning spreek, kom die profeet Natan in.

Ook Jeróbeam, die seun van Nebat, 'n Efraimiet uit Seréda--die naam van sy moeder was Serúa, 'n weduwee--'n dienaar van Salomo, het sy hand opgehef teen die koning.

En die verdere geskiedenis van Salomo en alles wat hy gedoen het, en sy wysheid, is dit nie beskrywe in die Geskiedenisboek van Salomo nie?

En die geskiedenis van koning Dawid, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van die siener Samuel en in die Geskiedenis van die profeet Natan en in die Geskiedenis van die siener Gad,

En die geskiedenis van Rehábeam, die vroeëre en die latere, is dit nie beskrywe in die Geskiedenis van die profeet Semája en van die siener Iddo, volgens geslagsregister nie? En daar was gedurigdeur oorloë tussen Rehábeam en Jeróbeam.