'n Geruime tyd daarna, nadat die HERE aan Israel rus gegee het van al sy vyande rondom, en Josua oud en ver op sy dae was,
TSK
TSK · 2 Samuel 7:1
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Maar nou het die HERE my God my rus gegee rondom; daar is geen teëstander en daar is geen onheil wat dreig nie.
Daarop het hy sy seun Salomo geroep en hom bevel gegee om 'n huis vir die HERE, die God van Israel, te bou.
En koning Dawid het hom opgerig in staande houding en gesê: Luister na my, my broers en my volk! Ek self het my voorgeneem om 'n huis van rus vir die verbondsark van die HERE te bou en vir die voetbank van onse God, en ek het toebereidsels getref vir die bou.
Verder het die koninkryk van Jósafat gerus, en sy God het hom rondom rus verskaf.
totdat ek 'n plek vind vir die HERE, 'n woning vir die Magtige van Jakob!
Aan die einde van twaalf maande terwyl hy op die koninklike paleis van Babel rondwandel,
dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien,