TSK

TSK · Daniel 6:7

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê:

Red my van die werkers van ongeregtigheid, en verlos my van die manne van bloed!

Hoe lank sal julle aanstorm op 'n man, julle almal hom verbrysel soos 'n muur wat oorhang, 'n omgestote klipmuur?

Toe het die Chaldeërs met die koning gespreek Aramees: Mag die koning vir altyd lewe! Vertel u dienaars die droom, en ons sal die uitlegging te kenne gee.

En hy wat nie neerval en aanbid nie, sal op die daad binne-in die brandende vuuroond gegooi word.

Daarop het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs en die raadsmanne van die koning vergader en aan daardie manne gesien dat die vuur geen mag oor hulle liggame gehad en die hare van hulle hoof nie geskroei het nie, en dat hulle mantels geen verandering ondergaan en die reuk van die vuur nie aan hulle gekom het nie.

Toe het Daniël met die koning gespreek: Mag die koning vir ewig lewe!

Die leeu wat vir sy kleintjies geroof en vir sy leeuinne gewurg het, wat sy gate met roof gevul het en sy lêplekke met buit.

en hou saam raad om Jesus met lis gevange te neem en om die lewe te bring.

En die owerpriesters het besluit om Lasarus ook om die lewe te bring,

Acts 4:26 TSK

Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde.