TSK

TSK · Daniel 7:6

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En ná u sal daar 'n ander koninkryk opstaan, geringer as dié van u; daarna 'n ander, 'n derde koninkryk, van koper, wat oor die hele aarde sal heers;

Terwyl ek daarop ag gee, kom daar 'n bokram uit die weste aan oor die oppervlakte van die hele aarde, sonder om aan die grond te raak; en die bok het 'n aansienlike horing tussen sy oë gehad.

En die harige bok is die koning van Griekeland; en die groot horing wat tussen sy oë was, dit is die eerste koning.

Dan sal 'n dapper koning opstaan wat groot heerskappy sal hê en sal maak net soos hy wil.

En die dier wat ek gesien het, was soos 'n luiperd, en sy pote soos dié van 'n beer, en sy bek soos die bek van 'n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.