TSK

TSK · Deuteronomy 14:29

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Jy mag ook die vreemdeling nie kwel of hom verdruk nie, want julle was vreemdelinge in Egipteland.

Daarom het Levi geen deel of erfenis saam met sy broers nie; die HERE is sy erfdeel, soos die HERE jou God hom beloof het.

Maar die Leviet wat in jou poorte is, hom moet jy nie aan sy lot oorlaat nie, want hy het geen deel of erfenis saam met jou nie.

En jy moet vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is, en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat by jou is, op die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.

As jy aan die HERE jou God 'n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.

As jy al die tiendes van jou opbrings klaar afgesonder het in die derde jaar, die jaar van die tiendes, dan moet jy aan die Leviet, die vreemdeling, die wees en die weduwee gee, dat hulle in jou poorte kan eet en versadig word.

Job 31:16 TSK

As ek die armes 'n versoek geweier het en die oë van die weduwee laat versmag het

Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die HERE sal hom red in die dag van onheil.

dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.

Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die HERE; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.

Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.

Maar gee wat daarin is, as aalmoes, en dan is alles vir julle rein.

Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.

Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jouself vlekkeloos te bewaar van die wêreld.