TSK

TSK · Deuteronomy 2:23

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

en die Patrusiete en Kasluhiete--waaruit die Filistyne voortgekom het--en Kaftoriete.

En Josua het hulle verslaan van Kades-Barnéa af tot by Gasa, en die hele land Gosen tot by Gíbeon.

van die Sihor aan die kant van Egipte af tot by die grens van Ekron na die noorde, wat as Kanaänities gereken word; die vyf vorste van die Filistyne: dié van Gasa en dié van Asdod, dié van Askelon, dié van Gat en dié van Ekron, en die Awiete

En Juda het Gasa met sy grondgebied en Askelon met sy grondgebied en Ekron met sy grondgebied ingeneem.

Hy het die Filistyne verslaan tot by Gasa en sy grondgebied, van wagtoring af tot versterkte stad.

weens die dag wat kom om al die Filistyne tot niet te maak, om van Tirus en Sidon die laaste een uit te roei wat kan help; want die HERE maak die Filistyne tot niet, die oorblyfsel van die eiland Kaftor.

Want Gasa sal verlate wees en Askelon tot verwoesting; Asdod sal op die helder middag verdryf word, en Ekron sal ontwortel word.

En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het,