TSK

TSK · Deuteronomy 21:14

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En as iemand sy dogter as slavin verkoop, mag sy nie soos die slawe weggaan nie.

en hom 'n boete van honderd sikkels silwer oplê en dit aan die vader van die dogter gee, omdat hy 'n slegte gerug oor 'n jongmeisie van Israel versprei het. Verder moet sy sy vrou wees; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie.

dan moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, die vader van die dogter vyftig sikkels silwer gee; en sy moet sy vrou wees, omdat hy haar onteer het; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie.