Jy mag ook die vreemdeling nie kwel of hom verdruk nie, want julle was vreemdelinge in Egipteland.
TSK
TSK · Deuteronomy 24:17
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in 'n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie.
Jy mag die vreemdeling ook nie verdruk nie; want julle ken self die gemoed van 'n vreemdeling, omdat julle vreemdelinge in Egipteland gewees het.
Want die HERE julle God is die God van die gode en die HERE van die here; die grote, magtige en gedugte God wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie;
Niemand mag die handmeul of die boonste maalklip as pand neem nie, want hy neem die lewe as pand.
Vervloek is hy wat die reg van vreemdeling, wees en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amen.
Maar aan die man van geweld--aan hom behoort die land; en die aansienlike--hy moet daarin woon!
Want het 'n oor net gehoor, dan prys dit my gelukkig; en het 'n oog net gesien, dan gee dit vir my getuienis.
Hoe lank sal die goddelose, o HERE, hoe lank sal die goddelose jubel?
Beroof die arme nie, omdat hy arm is, en verbrysel die ellendige nie in die poort nie.
Maar 'n voordeel vir 'n land onder alles is dit: 'n koning wat aan die landbou diensbaar word.
Wat is dit met julle dat julle my volk vertrap en die ellendiges mishandel? spreek die Here HERE van die leërskare.
Hulle het vet, hulle het glad geword; selfs gaan hulle oor die maat van boosheid heen. Reg verskaf hulle nie, selfs die reg van die wees nie, dat hulle voorspoed kan hê; ook handhaaf hulle die reg van die behoeftiges nie.
Hulle het vader en moeder in jou verag, die vreemdeling in jou met geweld behandel, wees en weduwee in jou verdruk.
Julle wat die reg in wilde-als verander en die geregtigheid teen die grond gooi!
Na die kwaad gaan die hande uit, om dit dapper te doen. Die vors eis, en die regter vra betaling, en die groot man spreek die begeerte van sy siel uit, en hulle verdraai dit alles.
En Ek sal tot julle nader om strafgerig te hou, en Ek sal 'n haastige getuie wees teen die towenaars en teen die egbrekers en teen die meinediges en teen die wat die dagloner in sy loon, die weduwee en die wees verdruk; en teen die wat die vreemdeling wegstoot en My nie vrees nie, sê die HERE van die leërskare.
Maar julle het die arm man oneer aangedoen. Is dit nie juis die rykes wat julle oorweldig en julle voor die regbanke sleep nie?