TSK

TSK · Deuteronomy 29:2

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.

maar julle eie oë het gesien al die groot werke wat die HERE gedoen het.

want die HERE onse God, dit is Hy wat ons en ons vaders uit Egipteland uit die slawehuis laat optrek het, en wat voor ons oë hierdie groot tekens gedoen het en ons bewaar het op die hele pad wat ons gegaan en onder al die volke waar ons dwarsdeur getrek het;

toe Hy sy tekens gedoen het in Egipte en sy wonders in die veld van Soan.

Jy het wel baie dinge gesien, maar daar geen ag op gegee nie; die ore oop gehad, maar jy hoor nie.