TSK

TSK · Deuteronomy 33:26

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En in u grote hoogheid werp U diegene neer wat teen U opstaan. U stuur u toorngloed uit: dit verteer hulle soos 'n stoppel.

Toe het Jesúrun vet geword en agterop geskop--jy het vet geword, dik geword, spekvet geword--en hy het God verwerp wat hom gemaak het, en die steenrots van sy heil geminag.

En Hy het die hemel gebuig en neergedaal, en donkerheid was onder sy voete.

o Koninkryke van die aarde, sing tot eer van God; psalmsing tot eer van die Here! Sela.

Gee sterkte aan God! Sy hoogheid is oor Israel en sy sterkte in die wolke.

wat sy solders bou in die waters, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel,

By wie wil julle God dan vergelyk? Of watter gelykenis naas Hom stel?

Ek, Ek is die HERE, en daar is geen Heiland buiten My nie.

Geeneen is soos U nie, o HERE! U is groot, en u Naam is groot in krag.