TSK

TSK · Genesis 3:18

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk
Job 1:21 TSK

en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!

Job 31:40 TSK

laat dan distels in plaas van koring uitspruit en onkruid in plaas van gars. Hier eindig die woorde van Job.

wat Uself omhul met die lig soos met 'n kleed, wat die hemel uitspan soos 'n tentdoek;

Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan.

En Ek sal dit 'n wildernis maak: dit sal nie gesnoei of omgespit word nie, maar opskiet met dorings en distels; en Ek sal die wolke gebied om nie daarop te reën nie.

Met pyl en boog sal hulle daarheen kom, want die hele land sal vol dorings en distels wees.

Want so sê die HERE aan die manne van Juda en aan Jerusalem: Braak vir julle 'n braakland en saai nie onder die dorings nie.

En 'n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik.

Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking--die einde daarvan is verbranding.