TSK

TSK · Genesis 38:5

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Toe sê Juda vir Tamar, sy skoondogter: Bly 'n weduwee in die huis van jou vader totdat my seun Sela groot is. Want hy het gedink: Anders sterwe hy ook soos sy broers! So het Tamar dan gaan woon in die huis van haar vader.

En die seuns van Juda: Er en Onan en Sela en Peres en Serag. Maar Er en Onan het gesterwe in die land Kanaän; en die seuns van Peres was Hesron en Hamul.

En die seuns van Juda volgens hulle geslagte: van Sela die geslag van die Selaniete; van Peres die geslag van die Parsiete; van Serag die geslag van die Sargiete.

Die seuns van Sela, die seun van Juda was: Er, die vader van Lega, en Láeda, die vader van Marésa, en die geslagte van die huis van die linnewewers van die huis van Asbéa;