Toe kom daar een wat vrygeraak het, en vertel dit aan Abram, die Hebreër, wat woonagtig was by die terpentynbome van Mamre, die Amoriet, broer van Eskol en broer van Aner; en hulle was bondgenote van Abram.
TSK
TSK · Genesis 39:14
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En sy het hom met dieselfde woorde aangespreek en gesê: Die Hebreeuse kneg wat jy vir ons hier gebring het, het na my gekom om met my gek te skeer;
Kwaadwillige getuies staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my.
Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong?
Luister na My, julle wat die geregtigheid ken, volk in wie se hart my wet is! Wees nie bevrees vir die smaad van mense en skrik nie vir hulle skimptaal nie;
Die wat naby en die wat ver van jou af is, sal jou bespot, o onreine van naam, vol van rumoer!
En die owerpriesters en die ouderlinge en die hele Raad het valse getuienis teen Jesus gesoek om Hom dood te maak, en niks gevind nie.
deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig;
Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.