TSK

TSK · Genesis 49:25

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.

En kyk, die HERE het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die HERE, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee;

en laat ons klaarmaak en optrek na Bet-el; en ek sal daar 'n altaar bou vir die God wat my geantwoord het op die dag van my benoudheid en by my was op die weg wat ek gegaan het.

Toe antwoord hy: Vrede vir julle! Moenie bang wees nie! Julle God en die God van julle vader het julle 'n skat in jul sakke gegee. Julle geld het by my gekom. Daarop het hy Símeon na hulle uitgebring.

En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God.

En van Josef het hy gesê: Geseënd deur die HERE is sy land met die kostelikste gawe van die hemel, met dou en met die wêreldvloed wat onder lê,

Trou spruit uit die aarde en geregtigheid kyk uit die hemel neer.

Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle;

En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.