TSK

TSK · Hosea 5:13

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

In die dae van Peka, die koning van Israel, het Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, gekom en Ijon ingeneem en Abel-Bet-Máäga en Janóag en Kedes en Hasor en Gílead en Galiléa, die hele land Náftali; en hy het hulle in ballingskap weggevoer na Assirië toe.

In dieselfde tyd het koning Agas na die konings van Assirië gestuur dat hulle hom moet help.

want Agas het die huis van die HERE en die huis van die koning en van die owerstes geplunder, en dit aan die koning van Assirië gegee sonder dat dit hom tot hulp was.

Al jou minnaars het jou vergeet, hulle vra nie na jou nie; want Ek het jou geslaan soos 'n vyand slaan, met 'n wrede tugtiging, omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes.

So het Efraim dan geword soos 'n onnosele duif sonder verstand; hulle roep na Egipte, hulle gaan na Assur.

Hy sal ook self na Assur weggevoer word as 'n geskenk aan koning Jareb; skaamte sal Efraim aangryp, en Israel sal beskaamd staan oor sy eie raadsbesluit.

Neem woorde met julle, en bekeer julle tot die HERE; sê aan Hom: Vergeef alle ongeregtigheid, en neem aan wat goed is; dan sal ons as offerdiere ons lippe aanbied.