En toe die drie honderd op die ramshorings blaas, het die HERE die swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele laer; en die laer het gevlug na Bet-Sitta, na Seréda toe, tot by die oewer van Abel-Mehóla by Tabbat.
TSK
TSK · Isaiah 19:2
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En toe die spioene van Saul in Gíbea in Benjamin sien dat die menigte daar verward heen en weer golf,
Toe is die volk van Israel verdeel in twee helftes: een helfte van die volk het Tibni, die seun van Ginat, gevolg om hom koning te maak, en die ander helfte het Omri gevolg.
En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die HERE 'n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van die gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is.
En Ek sal die swaard oproep teen hom na al my berge, spreek die Here HERE; die swaard van die een sal teen die ander wees.
En 'n mens se huisgenote sal sy vyande wees.
En as 'n koninkryk teen homself verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie;