TSK

TSK · Isaiah 28:29

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk
Job 37:23 TSK

Die Almagtige--ons vind Hom nie; Hy is groot van krag, maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.

Want U het my bly gemaak, HERE, deur u dade; ek jubel oor die werke van u hande.

Dit het van die HERE gekom; dit is wonderbaar in ons oë.

Want die HERE sal Hom gereed maak soos by die berg Pérasim; Hy sal aanstorm soos in die dal by Gíbeon om sy werk te doen--vreemd is sy werk! En om sy daad te verrig--ongehoord is sy daad!

groot van raad en magtig van daad, wie se oë oop is oor al die weë van die mensekinders om aan elkeen te gee volgens sy weë en die vrug van sy handelinge;

o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!