TSK

TSK · Isaiah 49:23

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En Ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as 'n besitting gee, Ek, die HERE.

Ezra 1:2 TSK

So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my gegee; en Hy het my opgedra om vir Hom 'n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is.

Ezra 7:11 TSK

En dit is die afskrif van die brief wat koning Artasásta gegee het aan Esra, die priester-skrifgeleerde, wat skrifgeleerd was in die woorde van die gebooie en insettinge van die HERE oor Israel:

Op dieselfde dag het koning Ahasvéros aan koningin Ester die huis gegee van Haman, die teëstander van die Jode; en Mórdegai het voor die koning gekom, want Ester het vertel wat hy van haar was.

Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak.

Dreig die wilde gedierte van die riet- die trop stiere saam met die kalwers van die volke- die wat hulleself onderwerp met stukke silwer. Hy het die volke verstrooi wat lus het in oorloë.

Die bewoners van dor plekke sal voor hom kniel, en sy vyande sal die stof lek.

Al die konings van die aarde sal U loof, o HERE, as hulle gehoor het die woorde van u mond;

So sê die HERE: Die opbrings van Egipte en die handelswins van Kus en die Sabeërs, manne van hoë gestalte, sal na jou toe oorkom en joue wees; hulle sal agter jou loop; in kettings sal hulle oortrek en hulle voor jou buig; hulle sal jou smeek en sê: Waarlik, God is in jou; en anders is daar geen, geen God meer nie!

Maar die Here HERE help My; daarom kom Ek nie in die skande nie; daarom het Ek my aangesig gemaak soos 'n keisteen, en Ek weet dat Ek nie beskaamd sal staan nie.

En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang.

En jou poorte sal altyddeur oopstaan; hulle sal bedags of snags nie gesluit word nie, om na jou toe aan te bring die rykdom van die nasies en hulle konings in triomftog.

En jy sal die melk van nasies suig en die bors van konings suig en sal weet dat Ek, die HERE, jou Heiland is, en jou Losser die Magtige van Jakob.

Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het 'n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U.

Hulle sal stof lek soos die slang, hulle sal soos grondkruipers bewende uit hulle vestings te voorskyn kom, hulle sal sidderende kom na die HERE onse God, en hulle sal vir U vrees.

en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.

Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.