Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na 'n goeie en wye land, na 'n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete.
TSK
TSK · Isaiah 64:1
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En die hele berg Sinai het gerook, omdat die HERE in 'n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van 'n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe.
Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom.
o God, toe U uitgetrek het voor u volk, toe U voortgestap het in die wildernis, Sela,
Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers.
Buig u hemele, HERE, en daal neer; raak die berge aan, dat hulle rook!
Ja, dit is die Here HERE van die leërskare wat die aarde aanraak, sodat dit bewe en almal treur wat daarop woon; en dit sal in sy geheel oprys soos die Nyl en wegsak soos die rivier van Egipte.
Want kyk, die HERE gaan uit sy woonplek uit, en Hy daal neer en betree die hoogtes van die aarde.
'n Gebed van Hábakuk, die profeet, op die wysie van Sjigjonot.
Maar die dag van die Here sal kom soos 'n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.