En jy moet sê: So spreek die koning: Sit hierdie man in die gevangenis en spysig hom met brood van verdrukking en water van verdrukking totdat ek behoue tuiskom.
TSK
TSK · Jeremiah 20:2
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Daarop smee hulle 'n sameswering teen hom en stenig hom op bevel van die koning in die voorhof van die huis van die HERE.
En hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie; want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou uit te red.
En toe Jeremia klaar gespreek het alles wat die HERE beveel het om aan die hele volk te sê, het die priesters en die profete en die hele volk hom gegryp en gesê: Jy moet sekerlik sterwe!
Die HERE het jou as priester aangestel in die plek van die priester Jójada, dat daar opsigters kan wees in die huis van die HERE oor elkeen wat kranksinnig is en as profeet optree, dat jy hom in die blok en in die nekyster kan sit--
Toe hy in die Benjaminspoort kom, was daar 'n voorman van die wag met die naam Jiría, die seun van Selémja, die seun van Hanánja; en hy het die profeet Jeremia gevang, met die woorde: Jy wil na die Chaldeërs oorloop!
Toe gee koning Sedekía bevel dat hulle Jeremia onder toesig moet hou in die voorhof van bewaking en aan hom daagliks 'n skyf brood uit die Bakkerstraat moet gee, totdat al die brood van die stad op was. So het Jeremia dan in die voorhof van bewaking gebly.
Toe het Amásia, die priester van Bet-el, Jeróbeam, koning van Israel, laat weet: Amos het 'n sameswering gesmee teen u midde-in die huis van Israel; die land sal dit onder al sy woorde nie kan uithou nie.
Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg,
en hulle het die hande aan die apostels geslaan en hulle in die openbare gevangenis gesit.
Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie? Ja, hulle het dié gedood wat vooraf die koms verkondig het van die Regverdige, van wie julle nou verraaiers en moordenaars geword het;
Ander weer het die proef van bespottinge en geselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis.
En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.