TSK

TSK · Jeremiah 32:5

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Maar Moses het gesê: Waarom oortree julle tog die bevel van die HERE, aangesien dit tog nie sal geluk nie?

Toe het die Gees van God Sagaría, die seun van die priester Jójada, vervul, en dié het voor die volk gaan staan en aan hulle gesê: So spreek God: Waarom oortree julle die gebooie van die HERE en wil julle nie voorspoedig wees nie? Omdat julle die HERE verlaat het, het Hy julle verlaat.

Ook daarvan sal jy uitgaan met jou hande op jou hoof; want die HERE het hulle verwerp op wie jy vertrou, en jy sal met hulle geen voorspoed hê nie.

Na Babel sal dit gebring word, en daar sal dit bly tot op die dag dat Ek daarop ag sal gee, spreek die HERE, en dit opvoer en terugbring na hierdie plek.

Maar luister na die woord van die HERE, o Sedekía, koning van Juda! So sê die HERE aangaande jou: Jy sal deur die swaard nie sterwe nie.

En toe Sedekía, die koning van Juda, en al die krygsmanne hulle sien, het hulle gevlug en in die nag uit die stad getrek op pad na die koning se tuin, deur die poort tussen die twee mure; en hy het uitgetrek op pad na die Vlakte toe.

En Ek sal my net oor hom uitsprei, en in my strik sal hy gevang word; en Ek sal hom na Babel, na die land van die Chaldeërs bring; maar hy sal dit nie sien nie, en daar sal hy sterwe.

Maar hy het teen hom in opstand gekom deur sy gesante na Egipte te stuur, dat hulle hom perde en baie manskappe sou gee. Sal hy voorspoedig wees? Sal hy ontvlug wat sulke dinge doen? Sal hy die verbond verbreek en tog ontvlug?