Verder het die owerste van die lyfwag Serája, die hoofpriester, geneem en Sefánja, die tweede priester, en die drie drumpelwagters.
TSK
TSK · Jeremiah 34:21
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En jy sal uit sy hand nie ontvlug nie, maar sekerlik gevang en in sy hand gegee word; en oog in oog sal jy die koning van Babel sien, en mond tot mond sal hy met jou spreek; en jy sal in Babel kom.
En die koning van Babel het die seuns van Sedekía voor sy oë in Ribla geslag; ook het die koning van Babel al die edeles van Juda geslag.
Verder het die owerste van die lyfwag Serája, die hoofpriester, geneem, en Sefánja, die tweede priester, en die drie drumpelwagters.
Spreek tog met die wederstrewige huis: Weet julle nie wat hierdie dinge beteken nie? Sê: Kyk, die koning van Babel het na Jerusalem gekom en sy koning en sy vorste weggeneem en hulle na hom toe, na Babel gebring.
En Ek sal my net oor hom uitsprei, en in my strik sal hy gevang word; en Ek sal hom na Babel bring en daar met hom na die gereg gaan, weens die troubreuk wat hy teen My begaan het.