En Samuel sê: Maar waarom raadpleeg jy my terwyl die HERE van jou gewyk en jou vyand geword het?
TSK
TSK · Job 13:24
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En as my hoof hom ophef, sou U my jaag soos 'n leeu en U opnuut wonderbaarlik teenoor my gedra.
Sy toorn het verskeur en my as vyand behandel; Hy het teen my gekners met sy tande; as my teëstander kyk Hy my met skerp oë aan.
Ag, was ek maar soos in die vorige maande, soos in die dae toe God my bewaar het;
Ag, as iemand my maar wou aanhoor! Kyk hier my handtekening (laat die Almagtige my antwoord!) en die skrif wat my teëparty geskrywe het!
o HERE, waarom staan U so ver weg en hou U verborge in tye van benoudheid?
Ontwaak! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Verstoot nie vir ewig nie!
Ek dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare.
En ek sal wag op die HERE, wat sy aangesig verberg vir die huis van Jakob, en op Hom hoop.
En beskou hom nie as 'n vyand nie, maar vermaan hom as 'n broeder.