TSK

TSK · Job 14:2

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk
Job 8:9 TSK

(want ons is van gister en weet niks nie, omdat ons dae 'n skaduwee op die aarde is;)

Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie.

in die môre bloei dit en spruit weer uit; in die aand sny 'n mens dit af, en dit verdor.

En my oog sien met welgevalle neer op die wat my voorlê, my ore hoor van die wat teen my as kwaaddoeners opstaan.

vanweë u grimmigheid en u toorn; want U het my opgehef en my weggewerp.

Die mens- soos die gras is sy dae; soos 'n blom van die veld, so bloei hy.

en dit nie goed sal gaan met die goddelose, en hy die dae nie sal verleng soos 'n skaduwee nie, omdat hy voor die aangesig van God nie vrees nie.

en die ryke in sy geringheid, want soos 'n blom van die gras sal hy verbygaan.

Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos 'n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af,