TSK

TSK · Job 2:5

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En Dawid sê tot God: Is dit nie ék wat beveel het om die volk te tel nie? Ja, dit is ek wat gesondig en baie verkeerd gehandel het; maar hierdie skape, wat het hulle gedoen? HERE, my God, laat u hand tog teen my en my familie wees, maar nie as 'n plaag teen u volk nie.

Job 1:11 TSK

Maar strek net u hand uit en tas alles aan wat hy het--waarlik, hy sal U in u aangesig seën!

Job 2:9 TSK

Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf!

Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag;

Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie; want U het dit gedoen.