En in u grote hoogheid werp U diegene neer wat teen U opstaan. U stuur u toorngloed uit: dit verteer hulle soos 'n stoppel.
TSK
TSK · Job 21:18
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Die oostewind tel hom op, en daar gaan hy; en dit storm hom weg uit sy plek.
Laat hulle word soos kaf voor die wind, terwyl die Engel van die HERE hulle wegstoot.
My God, maak hulle soos strooi, soos stoppels voor die wind.
Nasies maak gedruis soos die gedruis van baie waters; maar Hy dreig hulle, en hulle vlug ver weg en word gejaag soos kaf van die berge voor die wind en soos strooi voor die stormwind.
skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai, skaars wortel hulle stam in die grond, of Hy blaas op hulle, sodat hulle verdor, en die storm voer hulle weg soos 'n stoppel.
Daarom sal Ek hulle verstrooi soos 'n stoppel wat verbyvlieg voor die wind van die woestyn.
Want al is hulle saamgevleg soos dorings, en soos hulle drank so deur en deur nat--hulle sal soos droë stoppels volkome verteer word.