TSK

TSK · Job 32:8

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Daarop het Farao aan sy dienaars gesê: Kan ons wel iemand vind soos hierdie man in wie die Gees van God is?

so doen Ek dan volgens jou woord: Kyk, Ek gee jou 'n wyse en verstandige hart, sodat een soos jy vóór jou nie gewees het en een soos jy ná jou nie sal opstaan nie.

En God het aan Salomo wysheid gegee en 'n baie groot verstand en 'n ruimte van insig soos die sand wat aan die seestrand lê,

Job 4:12 TSK

Verder is 'n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het 'n gefluister daarvan opgevang,

Job 12:16 TSK

By Hóm is krag en beleid; syne is die verdwaalde en hy wat laat dwaal.

Job 33:16 TSK

dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle;

Job 38:36 TSK

Wie het wysheid neergelê in die wolke? Of wie het verstand gegee aan die wolkgevaarte?

Die gees van die mens is 'n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste.

En sy God het hom onderrig hoe om dit te doen, Hy leer hom.

Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het;

Want aan die een word deur die Gees 'n woord van wysheid gegee, en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;

James 1:5 TSK

En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.