Toe stuur Jefta boodskappers na die koning van die kinders van Ammon om te vra: Wat het ek met u te doen, dat u na my kom om teen my land te veg?
TSK
TSK · Joel 3:4
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Bowendien het ook die Edomiete gekom en Juda verslaan en gevangenes weggevoer.
Want die HERE hou 'n dag van wraak, 'n jaar van vergelding in die regsaak van Sion.
weens die dag wat kom om al die Filistyne tot niet te maak, om van Tirus en Sidon die laaste een uit te roei wat kan help; want die HERE maak die Filistyne tot niet, die oorblyfsel van die eiland Kaftor.
So sê die Here HERE: Omdat Edom wraaksugtig gehandel het teen die huis van Juda en hom baie skuldig gemaak het en hom op hulle gewreek het--
Voor hulle bewe die aarde, sidder die hemel; die son en die maan word swart, en die sterre trek hulle glans in.
Daarom sal Ek 'n vuur slinger in Teman, en dit sal die paleise van Bosra verteer.
Wee jou, Górasin, wee jou, Betsáida! want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle hul lankal in sak en as bekeer het.
en hy val op die grond en hoor 'n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?