Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan woon by die terpentynbome van Mamre wat by Hebron is; en hy het daar vir die HERE 'n altaar gebou.
TSK
TSK · Joshua 15:13
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
hulle sal die land nie sien wat Ek aan hulle vaders met 'n eed beloof het nie, ja, almal wat My verag het, sal dit nie sien nie.
En in dié tyd het Josua gekom en die Enakiete uitgeroei, uit die gebergte, uit Hebron, Debir, Anab en uit die hele gebergte van Juda en die hele gebergte van Israel; met hul stede saam het Josua hulle met die banvloek getref.
Toe het Josua hom geseën en aan Kaleb, die seun van Jefúnne, Hebron as erfdeel gegee.
Daarop het hulle geheilig: Kedes in Galiléa, op die gebergte van Náftali, en Sigem op die gebergte van Efraim, en Kirjat-Arba, dit is Hebron, op die gebergte van Juda;
Juda het dan teen die Kanaäniete uitgetrek, die inwoners van Hebron--maar die naam van Hebron was tevore Kirjat-Arba en hulle het Sesai en Ahíman en Talmai verslaan.
en aan dié in Hebron en aan al die plekke waar Dawid, hy en sy manne, rondgetrek het.
en Sorea en Ajalon en Hebron, versterkte stede in Juda en in Benjamin.